News Article


Ekstra Wiskundeklasse

access_time Posted on Thu, Apr 17, 2014 3:00 PM


Dit is nou die tyd van die jaar wanneer almal na 'n wiskundetutor of iemand wat ekstra wiskundeklasse aanbied, soek. Die goeie nuus is dat jy nie verder hoef te soek nie, want ons bied presies dit waarna jy opsoek is!


YouCanDoMaths bied kwaliteit wiskundelesse teen 'n baie bekostigbare prys op die internet aan. Die program is deur Suid-Afrikaanse onderwysers met baie jare se ondervinding ontwikkel. Jy kry onbeperkte toegang tot videolesse, notas en toetse op 'n tyd van die dag wat jou pas én in die gemak van jou eie huis. Dit beteken jy hoef nie meer met die verkeer en hoë petrolpryse te baklei nie.

Die internet is vinnig besig om die klaskamer van die toekoms te word met baie internasionale universiteite wat aanlyn-kursesse aanbied. Ongelukkig is daar ook heelwat snert op die internet. Soos een van ons kliënte sê: “In die begin was ons maar skepties, want wat werk op die internet? Intussen het my seun se wiskundepunt met 20% verbeter en ons beveel YouCanDoMaths baie sterk aan!”

Hierdie manier van studeer gaan jou baie help om 'n onafhanklike leerder te word, iets wat tot groot voordeel later in jou lewe gaan wees.

Herhaling is uiters belangrik wanneer jy wiskunde studeer . . .  en ons onderwyser  herhaal sonder om enigsins ongeduldig te word! Ons moedig jou aan om die lesse gereeld te stop en terug te gaan, soveelkeer as wat jy voel nodig is.

Ons prys per maand is minder as wat jy vir tradisionele ekstra wiskundeklasse per uur sal betaal!

Ons besef dat heelwat mense nie internet tuis het nie, maar miskien is dit tyd om die verskillende opsies wat beskikbaar is, te ondersoek - van ADSL tot 3G. Die internet is die toekoms en dit is tot jou voordeel om aanlyn te wees. Jy mag dalk in 'n skootrekenaar of tablet moet belê, maar onthou, jy kan dit ook vir al jou ander vakke en vir jou tersiêre studies gebruik.

As mens al die bogenoemde optel mag dit dalk na baie geld klink, maar dit is steeds goedkoper as tradisionele ekstra wiskundelesse vir 1 of 2 uur per week.

Sterkte met hierdie belangrike tweede kwartaal.