News Article


Wees Wiskunde-wys

access_time Posted on Tue, Feb 18, 2014 3:46 PM


Hier is 'n uittreksel uit die Maart 2014 uitgawe van LiG-tydskrif se artikel:

Wiskunde en Wetenskap: Haal die 'aaaargghh!' uit

Gerda van der Merwe van www.youcandomaths.co.za, 'n tweetalige Suid-Afrikaanse aanlyn-wiskundeprogram, het raad oor hoe ouers hulle ouer kinders in dié vak kan ondersteun:

  • Op hoërskool is natuurlike talent al byna minder belangrik as harde werk, voorbereiding en selfvertroue.
  • Moet nooit negatiewe kommentaar lewer soos: “Ek kon self nooit wiskunde doen nie.” Dit bou net voort op 'n gevaarlike mite wat besig is om ons jeug se toekoms te benadeel.
  • Motiveer jou kind om reg deur die jaar te werk, nie net knap voor die eksamen nie. Dit is baie makliker om met wiskunde by te bly as om te moet inhaal.
  • Kry dadelik ekstra hulp as jou kind sukkel. Hoe langer jy toelaat dat jou kind voortploeter, hoe groter is die kans dat 'n sogenaamde “mental block” geskep word.
  • Moenie jou kind sonder meer toelaat om wiskunde te staak nie – dit kan sy/haar toekomsplanne beperk. 

Joernalis: ENGELA DUVENAGE